... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Voorwaarts en Boontoe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 7:10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Listen to the radio broadcast of

Voorwaarts en Boontoe


Download audio file

Wanneer ons ‘n fout maak (en wie het nog nie?) dan het ons twee keuses. Ons kan in moedeloosheid voortploeter, of daaruit leer. Ons kan dit óf as ‘n verskoning vir nog foute gebruik, óf ons kan die voorwaarts en opwaarts benadering neem. Watter een kies jy?

Dis ‘n nuwe dag. Ons ken almal daardie gevoel wat ons ervaar wanneer ons wakker skrik en ons skielik onthou van daardie dom ding wat ons gister gedoen het. Daardie persoon wat ons seergemaak het. Hoe ons God gefaal het. En dit voel soos ‘n pyl deur die hart.

Die vraag is, wat doen jy met die droefheid en hartseer? Daar is ‘n paar verskillende maniere om dit te hanteer. Die regte manier of die verkeerde manier. Die een manier kan ‘n positiewe uitkoms in jou lewe hê – die ander, nee wat, beslis nie. Luister hoe God dit deur die apostel Paulus stel in:

2 Korintiërs 7:10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Kom ons praat eers oor die verkeerde soort droefheid, die een wat ons in die wêreld kry, die een wat tot die dood lei. Wanneer mense so ‘n soort hartseer ervaar, lei dit dikwels tot ‘n afwaartse spiraal, tot slegter gedrag, tot moedeloosheid, tot hulle eenvoudig moed opgee.

Maar die soort droefheid wat God behaag, is die soort wat ons lei om ons lewens te verander. Dit is opregte berou wat tot bekering lei – dit beteken letterlik om ons lewens om te keer, weg van die verkeerde wat ons gedoen het, en terug na God toe.

want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge