... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe en Vergeet

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

Listen to the radio broadcast of

Vergewe en Vergeet


Download audio file

Ek wonder of daar ‘n persoon in jou lewe is, wat jy moeilik vind om te vergewe. Een persoon teenoor wie daardie diep gevoel van onreg en onvergewensgesindheid nog diep in jou hart broei. En hoe laat dit jou regtig voel? Het jy al ooit gewonder, presies wat dit beteken om te vergewe? Ons weet almal dat ons moet vergewe, maar dis baie makliker gesê as gedaan. Jesus sê dinge wat ons aanvanklik skok, maar wat op die ou end werklik sin maak. Soos hierdie versie in: Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Ek weet, as iemand ons ‘n onreg aandoen, kry ons seer en voel ons verontreg en seer. Hoe langer ons aan daardie gevoel vashou, hoe erger word dit. Die probleem is dat dit so, so moeilik is om te vergewe. Dit is so, so moeilik om daardie seer te laat gaan. Ons weet ons moet, maar hoe? Nou-ja, hier is die oplossing, luister weer: (julle) moet julle vyande liefhê (en goed doen aan hulle). As dit moeilik is om te vergewe, begin bid vir daardie persoon. Begin dink: “Wat kan ek doen om hom te seën?” Jy weet, dit voel altyd agterstevoor. Dit is nie natuurlik om jou vyande te seën nie. Dis mos nie regverdig nie. Maar vergifnis is soos ‘n spier wat jy moet oefen en hoe meer jy dit doen, hoe sterker word dit. Bietjie vir bietjie verdwyn die bitterheid en die seer. Jy vergeet nooit werklik wat gebeur het nie, maar op die een of ander manier “vergeet” jy tog dat die persoon wat jou seergemaak het, jou iets skuld. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge