... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Trotseer Vrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Listen to the radio broadcast of

Trotseer Vrees


Download audio file

Kan ek jou uitdaag om terug te dink aan die laaste keer wat jy bang was vir iets. Ek bedoel regtig vreesbevange was; tot op die punt dat dit jou denke oorheers het. Die vraag is: hoe het jy dit hanteer? Wat het jy met jou vrees gedoen?

Ons gaan almal deur tye van vrees, wanneer daar ‘n toenemende gevoel van bedreiging en gevaar in ons harte posvat.

Ek is nie van nature ‘n angstige mens nie, maar ek was ook al deur die jare soms vreesbevange; seker omdat dit menslik is om bang te wees.

Maar dis jou keuse hoe jy dit hanteer:  jy kan vir ‘n rukkie alleen op jou eie sukkel, maar dit werk nie regtig so goed nie. Jy kan ook ander mense se raad en hulp vra, maar so dikwels verstaan ​​hulle nie jou vrese nie.

Dan sit jy met die vraag, wat maak ek met my vrees? Sit ek my dapper masker op, en laat toe dat die vrees my steeds van binne af vreet?

Ek wil nie naïef klink nie, want ek is nie van nature ‘n naïewe mens nie … maar deesdae neem ek my vrees na Jesus toe. Dit is so eenvoudig. En dit is nie ontduiking van die probleem of ‘n godsdienstige kruk nie. Inteendeel. Dit is ‘n stap van geloof, om Jesus op sy Woord te neem. Ons sien in:

Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Wanneer alles in jou lewe skeef loop, as die pad vorentoe wankelrig lyk, of as jy in gevaar verkeer, is dít die oomblik waarin jou geloof getoets word.

Die vraag is, sal jy jou vrees na Jesus toe neem? Dit is tog nie so ‘n groot sprong in geloof, as wat jy mag dink nie … jou hemelse Vader weet wat jy nodig het.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge