... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ten Spyte van Alles

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 17:22, 23 Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.

Listen to the radio broadcast of

Ten Spyte van Alles


Download audio file

Die ding wat ek deur die jare geleer het, is dat dit nooit regtig vir ons sin maak wanneer God ons met lyding konfronteer nie. Natuurlik vertroebel die pyn ons oordeel, maar sê my, watter nut kan ooit uit lyding kom?

Een van die dinge wat my regtig verwar, is die manier waarop God lyding ten goede kan gebruik. Ons dink seën is goed, lyding is sleg. Dit is die manier waarop ons geprogrammeer is – maar nie God nie. Vir Hom is lyding ‘n belangrike deel van sy plan.

Matteus beskryf hoe Jesus sy dissipels voorberei op sy dood en opstanding in:

Matteus 17: 22,23 Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.

Sjoe! Hoe sou ons gevoel het as ons een van die dissipels in daardie vergadering was? Wat sou ons gedoen het?

Is Hy heeltemal die kluts kwyt? Hierdie wonder-werkende, storm-stil-makende, demoon-uitwerpende Jesus, wat met sulke krag gepreek het? Vermoor? En op staan ​​uit die dood?

Maar God het altyd ons grootste behoefte geken. Hy ken die dood en vernietiging wat ontelbare lewens verwoes omdat ons Hom verwerp het.

En daarom, stuur Hy sy enigste Seun, Jesus. Hy kom om verraai te word, om bespot te word, gemartel te word en gekruisig te word – om, deur die grootste liefdesdaad van alle tye, vir my en jou sondes te betaal. Net om weer op te staan ​​sodat ons ‘n nuwe lewe deur Sy liefde kan hê.

Dit het nie vir daardie dissipels sin gemaak nie. Hulle was bedroef, maar ten spyte daarvan, stuur God nog steeds sy Seun om vir ons te ly. Jesus.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge