... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorwin Vrees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 41:13 Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

Listen to the radio broadcast of

Oorwin Vrees


Download audio file

Ek dink jy ervaar die ergste vrees, wanneer jy in ‘n baie moeilike situasie verkeer, wat jy self veroorsaak het, wanneer jou mislukking of sonde, die situasie veroorsaak het, wat jou nou bedreig.

Ja, ek dink beslis daardie oomblikke wanneer ons ongetwyfeld weet dat hierdie nare situasie, waarin ons nou vasgevang is, ons eie skuld is, is die ergste. Want snaaks genoeg, dit is op daardie tye dat ons nie verwag dat God sal ingryp nie. Is ek reg?

Ek weet dit was my eie skuld. Waarom sou God nou ingryp?

Onthou jy die geskiedenis: God se volk was uiteindelik in die beloofde land, die land wat oorloop van melk en heuning. Maar hulle het verkies om ander gode te aanbid, en uiteindelik het Hy sy geduld verloor en die Babiloniërs gestuur om Jerusalem te vernietig, die tempel tot op die grond af te breek en sy volk as slawe in ballingskap te neem.

Wie se skuld was dit alles? Hulle skuld, nie waar nie? Maar op die vasgestelde tyd … Let op dat die Here, net op die regte tyd, op God se tyd – opgedaag het. Ja, dit was beslis ‘n lang tyd; sewentig jaar, ja, vir drie geslagte was hulle slawe in ballingskap. Maar onthou God se tyd is altyd die regte tyd.

Wat het die Here vir sy volk gesê?

Jesaja 41:13 Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as ‘n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

Weet jy dat selfs as jy weet dat dit alles jou skuld is, wanneer jy in jou broek bewe, net op die regte tyd, d.w.s. op God se tyd, sal Hy opdaag. Hy sal jou red. Hy sal sy planne en doelwitte vír jou en deur jou bereik.

Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.