... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Sondaars te Red

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:32-37 Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra. Hulle kom toe by die plek aan wat Golgota genoem word – dit beteken Kopbeenkoppie. Hulle gee toe vir Hom ’n mengsel van wyn en bitter kruie om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel deur die gooi van dobbelsteentjies. Hulle het daar rondgesit en Hom bewaak. Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om Sondaars te Red


Download audio file

Gister het ons gesels oor hoe om jou vyande lief te hê – een van daardie baie ongemaklike dinge waaroor Jesus gepraat het. En dit was nie net iets wat Hy gesê het nie, Hy het daarvoor gelewe en gesterf.

Dit maak nie saak wie jy is nie, waar jy woon, of wat jy glo nie, maar jy weet, soos ons almal, dat Jesus aan ‘n kruis vasgespyker is. Byna almal op die planeet weet dit – selfs al verstaan nie almal waarom dit gebeur het nie. Maar dit is tog so maklik om die wrede werklikheid van Sy kruisiging te ignoreer, nè?

Matteus 27:32-37 Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra. Hulle kom toe by die plek aan wat Golgota genoem word – dit beteken Kopbeenkoppie. Hulle gee toe vir Hom ’n mengsel van wyn en bitter kruie om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel deur die gooi van dobbelsteentjies. Hulle het daar rondgesit en Hom bewaak. Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.”(NLV)

Dit is verskriklik om die gruwel van die kruisiging weer te hoor, maar hoe sal dit klink as jy deur Jesus se oë daarna kyk? In die middel van die 19de eeu het ‘n man met die naam Octavius Winslow dit so gestel:

Jesus was so ernstig om sondaars te red deur Homself te offer, dat Hy eintlik die boom geskep het waarop Hy sou sterf, en die manne wat Hom aan die vervloekte hout sou spyker, van kleins af gevoed het.

Ek weet nie van jou nie, maar daardie woorde slaan my voete onder my uit. Dit gee ‘n hele nuwe betekenis aan Sy opdrag aan ons, om ons vyand lief te hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.