... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Noue Ontkomings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:8 Nader tot God, dan sal Hy tot julle nader. Reinig julle hande, sondaars, en suiwer julle harte, dubbelhartiges! (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Noue Ontkomings


Download audio file

Smag jy na ‘n diep, intieme verhouding met God? Het daardie verhouding te midde van al die verleidelikhede van hierdie wêreld, jou van tyd tot tyd ontwyk? Is dit ‘n bietjie soos ‘n lugspieëling in ‘n woestyn? Nou-ja, dan is hierdie boodskap van vandag vir jou. Beslis vir jou.

‘n Diep, ryk, intieme gemeenskap met God verander jou. Mense mag dit dalk vreemd vind dat ek ‘n verhouding met God só beskryf. Mense mag dink jy is ‘n bietjie raar as dit jou hartsbegeerte is, om ‘n intieme verhouding met God te hê, maar dit is oukei as hulle so dink.

Ek onthou toe ek, as ‘n moeilike, gewetenlose sakeman, my lewe aan Jesus gegee het. Ek onthou hoe ek vir die eerste keer ‘n intieme ontmoeting met God gehad het; die lewende God wat Jesus gestuur het, om aan daardie Kruis vir my te sterf.

Mense het gedink: “Wat het met Berni gebeur? Het hy ‘godsdiens’ opgedoen? Het hy al sy varkies kwytgeraak? ” Dit is nie dat ek enige snaakse of vreemde gedrag getoon het nie. Dit is net dat God se nabyheid ‘n mens permanent verander. Jy kan nie anders as om te verander nie!

Daar is soveel mense wat honger na God, maar tog nooit dié soort intimiteit met Hom ontdek nie. Dit is amper asof hulle hul pad byster geraak  het en nie weet hoe om terug te kom nie.

Miskien is dit tyd vir so ‘n ontmoeting.

In Jakobus 4:8 staan: Nader tot God, dan sal Hy tot julle nader. Reinig julle hande, sondaars, en suiwer julle harte, dubbelhartiges! (AFR20)

Hierdie is die belofte: as jy tot God nader, sal Hy tot jou nader. En ja, absoluut, as jy sonde in jou lewe het, wat jy weet jou gemeenskap met Hom problematies maak, moet jy daarmee breek. Jy moet kies – die een of die ander – jy kan nie al twee hê nie.

Kom nader aan God en Hy sal na jou toe kom.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge