... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie Genoeg Krag Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 5:36,39 Jesus het egter in die verbygaan gehoor toe die berig oorgedra word, en sê toe vir die leier van die sinagoge: “Moenie ontsteld wees nie – glo net!” Hy gaan toe in en vra vir hulle: “Waarom gaan julle so tekere en huil julle? Die kindjie het nie gesterf nie, maar slaap net. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Nie Genoeg Krag Nie


Download audio file

Jy weet hoe dit gaan. Jy word gekonfronteer met ‘n probleem, ‘n hindernis, wat heeltemal onoorkombaar lyk. Jy wens dat jy kan glo dat Jesus jou sal kan help, maar jy het net nie die geloof dat Hy jou kan help nie.

Het jy al ooit in ‘n moeilike situasie, in ‘n moeilike verhouding, finansiële probleme of gesondheidsprobleme … na jou PROBLEEM gekyk, en gedink: “Nie eens God kan dit regmaak nie.”  Het jy al ooit só gevoel?

Die afgelope paar dae kyk ons in Markus na Jesus, die groot menigte wat Hom volg, Jaïrus, die leier van die sinagoge, wie se dogter op haar sterfbed was en ‘n lastige, stinkende vrou wat haar hand na Jesus uitgesteek het.

Jaïrus val voor Jesus se voete neer en smeek Hom om sy sterwende dogter te kom genees. Maar Jesus word vertraag deur die onwelriekende vrou, wat deur die skare druk om genees te word. Dit neem alles kosbare tyd.

Intussen kom die nuus dat Jaïrus se dogter oorlede is. Hoe het Jaïrus op daardie oomblik gevoel? In die steek gelaat deur God? Magteloos, verlore, beroof? Was hy kwaad vir daardie vrou? As… ja, ons ken almal daardie gevoel van as

Markus 5:36,39  lui:  Jesus het egter in die verbygaan gehoor toe die berig oorgedra word, en sê toe vir die leier van die sinagoge: “Moenie ontsteld wees nie – glo net!”    39. Hy gaan toe in en vra vir hulle: “Waarom gaan julle so tekere en huil julle? Die kindjie het nie gesterf nie, maar slaap net. (AFR20)

As jy die res van die verhaal lees, sien jy hoe Jesus die meisie inderdaad weer uit die dood opgewek het.

Wat laat ons dink dat Jesus, wat die heelal geskep het, nie die mag het om ons probleme, wat vir ons onoorkombaar lyk, te kan oplos nie?

Weet jy,  Jesus het nooit geraas met iemand omdat hy te veel geloof in Hom gehad het nie. Nie een keer nie!

 “Moenie ontsteld wees nie – glo net!”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge