... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Verkeerde Prentjie van Jesus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 25:41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

Listen to the radio broadcast of

‘n Verkeerde Prentjie van Jesus


Download audio file

Van die felste kritiek teen Christene vandag, is dat hulle veroordelend is. Hoe kan hierdie mense, wat bely dat hulle in die God van liefde glo, in ‘n wêreld waar alles toelaatbaar is, so verskriklik veroordelend wees?

Weet jy dat mense dink Jesus het altyd net positiewe, liefdevolle dinge gesê, en dat Hy nooit mense gekritiseer het, soos hierdie “Christene” van vandag doen nie. Dit word deels uit onkunde gesê, maar belangriker as dit, is dit ook ‘n sekulêre verskoning. Mense wil hulself beskerm teen die waarheid van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus, wat die genade van God bring, want hulle weet dit beteken ‘n wegdraai, ‘n bekering, van dít wat hulle weet verkeerd is.

Watter beter verskoning is daar om jouself teen die Evangelie te beskerm, as om te beweer dat Jesus almal liefhet en aanvaar, sonder dat dit nodig is om jou lewe te verander?

Dit is tyd om hand in eie boesem te steek. Kyk mooi wat is die waarheid in:

Matteus 25:41 Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

Dit is deel van ‘n gelykenis wat Jesus, oor die dag van oordeel, wat sekerlik vir ons almal sal kom, vertel het. Trouens, Jesus het meer gepraat oor die komende oordeel van God, en die ewige straf vir diegene wat Hom nie aanvaar nie, as oor byna enige ander onderwerp.

Dit klink glad nie na besonder goeie nuus nie, totdat jy besef dat Hy vir jou gesterf het, sodat jy vergewe kan word. Moenie geflous word nie. Daardie Dag kom verseker. Die goeie nuus is dat Jesus gekom het om jou te red.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.