... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Begin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:1-4 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.” Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

Soos ons nader aan Kersfees kom, is dit dalk gepas om onsself ‘n bietjie af te vra waarom God sy Seun na hierdie wêreld gestuur het.

En wie is beter toegerus om te verduidelik waarom Hy na die aarde moes kom, as Jesus self?

Johannes 3:1-4 Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ‘n lid van die Joodse Raad. Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ‘n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”

Daarop sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

Nikodemus, ‘n beroemde Fariseër, kom in die nag, in die geheim na Jesus om Hom te ondervra. Hy wil die waarheid hoor, maar hy kon nie in Jesus se teenwoordigheid gesien word nie, want Jesus was reeds ‘n omstrede figuur. Hy begin deur vrae te vra oor die wonderwerke wat Jesus verrig het en wat sy verhouding met God is. Jesus beantwoord sy vraag op ‘n baie snaakse manier:

“Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Dis beslis nie wat Nikodemus verwag het nie. Hy was ‘n gerespekteerde leier, ‘n opregte man wat meer wou uitvind oor die persoon wat God gestuur het. 

Jesus het in sy antwoord op Nikodemus se vraag, hom gelei na dít wat die belangrikste was. Jesus het begin verduidelik waarom Hy na die aarde gekom het. Hy het gekom om ons in die Koninkryk van God in te lei.

Daar is egter ‘n streng voorwaarde vir toegang tot die Koninkryk: jy moet weer gebore word, voordat jy kan ingaan. Is jy ‘wedergebore’? Want…

As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.