... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Lang en Moeilike Pad

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

Listen to the radio broadcast of

‘n Lang en Moeilike Pad


Download audio file

As ons in nood verkeer, veral wanneer ons gespanne is en onder druk verkeer… wanneer ons God regtig nodig het – verwag ons dat God dadelik moet antwoord! En so dikwels, doen Hy dit nie.

Job se geduld is nie iets wat ons almal het nie. Ons wil hê dat dinge moet gebeur – en ons wil hê dat dit nóú moet gebeur! Is ek reg?

God, as U vir my dinge gaan belowe – wil ek hulle nóú hê.

Daarom was ek verslae toe ek in die Bybel lees dat ‘n duisend jaar vir God soos ‘n dag is. Agge nee!

Ons bid miskien oor verskillende dinge soos ons gesondheid, ‘n verhouding, ‘n finansiële behoefte, of wat dit ook al mag wees. Goed, ek het daarvoor gebid. Dit was vyf minute – dis tyd om te antwoord, Here!

Ek lees graag die Psalms wat deur koning David geskryf is, omdat hy so dikwels in gevaarlike situasies was. Hy het werklik swaargekry en daar is, interessant genoeg, meer Psalms waarin hy weeklaag, as dié waarin hy God se lof besing.

Kom ons kyk na een van die Psalms wat hy geskryf het, terwyl hy in  een van die moeilikste en gevaarlikste tye van sy lewe, was:

Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

Hm. Sien jy; Dawid het gesmag en dit beteken om hewig, vurig te verlang. Hy het gewag … geduldig gewag. Die oorspronklike Hebreeuse woord beteken om verwagtend te vertoef – om met afwagting uit te sien na wat God gaan doen.

Dit is ‘n gesindheid van die hart. Dit gaan daaroor om ons harte op God te rig en met ‘n gevoel van verwagting op Hom te wag. Dit is wat dit beteken om vertroue te hê … ‘n geduldige verwagting.

En wanneer ons God met daardie gesindheid nader … neig Hy tot ons – met ander woorde, Hy strek Hom uit en hoor ons geroep.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge