... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Geloofstoets

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 7:27-29 'n Vrou wie se dogtertjie van 'n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. Hierdie vrou was 'n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.” Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Geloofstoets


Download audio file

Ai, as God net die lewe ‘n bietjie makliker wou maak. As Hy net ‘n bietjie meer toegeeflik wou wees en net sou opdaag wanneer ons hulp nodig het. As Hy maar net… Het jy al ooit die “as” speletjie met God gespeel?

Jesus het ‘n paar skokkende dinge gedoen en gesê. Dinge wat ons hare sou laat rys. Soos die keer toe Hy ‘n vrou ‘n hond genoem het, bloot omdat sy nie Joods was nie. Ons lees in:

Markus 7: 25-29 ‘n Vrou wie se dogtertjie van ‘n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. Hierdie vrou was ‘n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.”

Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.”

Aanvanklik lyk dit verregaande. Maar Hy het gesinspeel op die kulturele onverdraagsaamheid tussen die Jode en heidene om haar geloof te toets. Toe die vrou haar opregte geloof bewys, het Hy haar dogter bevry.

Ek het al ervaar dat elke keer as God my geloof toets en my kasty, dit heeltemal onredelik voel. En tog het Hy in sy wysheid deurentyd my geloof laat groei, sodat Hy my, of ander deur my, of inderdaad ons almal, kon seën.

Moenie aanstoot neem as God jou geloof toets nie.

Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge