... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Luister Sonder om te Onderbreek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 18:1,2 Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging. Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.

Listen to the radio broadcast of

Luister Sonder om te Onderbreek


Download audio file

Was jy al ooit saam met ‘n groep mense waar een persoon almal laat verstaan het dat hy die slimste een in die geselskap is? En wat laat hom dink hy is die slimste persoon in die kamer? 

Ek gee toe dat sommige mense van nature slim is. Dis goed. Maar baie van hierdie intelligente mense kan regtig baie arrogant wees. Jy ken die tipe. En dis nogal snaaks, maar ons kom gou tot die gevolgtrekking dat hulle eintlik dwaas is, al is hulle ook hoe slim. Hoekom is dit so? Nou ja, hier is die antwoord in:

Spreuke 18:1,2 Die selfsugtige mens lewe net vir homself, hy verwerp alle oorlegpleging. Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak.

Sien jy, mense wat nie luister nie, wat nie raad van ander wil aanvaar nie, wat nie by ander wil leer nie, is dwaas. Dit is hulle wat wil praat sonder om te luister – hulle luister nie werklik om te verstaan wat die ander persoon sê en voel nie. 

Ek weet, want ek was vroeër so ‘n persoon. Ek het dikwels gepraat sonder om te luister. Om die waarheid te sê, ek het net lank genoeg stilgebly om te dink aan wat ek volgende gaan sê.

Gelukkig het ek ‘n goeie mentor gehad wat my geleer het dat die slimste ou in die kamer die een is wat by ander leer. En dit was waarlik ‘n openbaring. Wys jou net wat jy by ander kan leer!! Wonderlik.

Die geheim is om te luister sonder om te onderbreek. Die geheim is om te besef dat daar verskillende perspektiewe bestaan en dat daar verskillende maniere is om dinge te doen. Van hulle raad, nee, baie van hulle raad, is beslis beter as enigiets wat ons self kan uitdink.

Luister en leer by ander.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.