... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe is God?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs1:3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Listen to the radio broadcast of

Hoe is God?


Download audio file

Jy moet iemand regtig leer ken om ‘n ryk, bevredigende verhouding met die persoon te hê. Miskien is dit die rede waarom soveel mense dit nooit regkry om ‘n ryk, bevredigende verhouding met God te hê nie – omdat hulle Hom nooit leer ken nie.

Het jy al ooit gewonder: “Hoe is God?” Ek bedoel, hoe is Hy regtig?

Dit is seker iets waaroor ons wonder, omdat ons Hom nie fisies kan sien soos ons die ander mense in ons lewens kan sien nie. Wat ons dus doen, is om te vertrou op ons eie idee van hoe ons dínk Hy is of behoort te wees. En jy weet wat dan gebeur, nie waar nie? Ons skep al te maklik ‘n beeld, wat vir ons aanvaarbaar is, een waarmee ons gemaklik is.

Ja, ek weet!  Alle mense is kompleks. Vra enige getroude man, en hy sal jou vinnig vertel hoe kompleks sy vrou is. Hm, ek is nou al dekades lank met my pragtige vrou, Jacqui, getroud en ek weet dat ek die res van my lewe nodig sal hê om haar te kan verstaan.

God is kompleks. Daarom is die halfgebakte beelde van Hom wat ons in ons koppe ronddra nie bevredigend nie. Hoe kan jy die raaisel oplos, as jy Hom nie kan sien nie?

In Hebreërs 1: 3 sien ons: Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Hoe kan jy weet? Jy kyk eenvoudig na Jesus wat, soos ons in die Bybel sien, die presiese afdruk van God se wese is. (Die woord ewebeeld verwys na ‘n stempel wat destyds gebruik is om die beeld van Caesar op ‘n muntstuk af te druk).

Indien jy wil weet hoe God regtig is? Kyk na Jesus. Kyk direk na Hom.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge