... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Here, Vul Ons Met U Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:13-15 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.

Die lewe het sy lief en leed, sy kinkels in kabels. Party mense glo dat die doel van die lewe is om gelukkig te wees. Maar dit is ongelukkig onvermydelik dat hulle teleurgestel gaan word.

Ek het anderdag ‘n bekende sielkundige op ‘n ‘YouTube’-video hoor sê dat lyding ‘n onvafwendbare, ‘n heeltemal onvermydelike deel van ‘n mens se lewe is. Ek het al vir ‘n lang tyd ook so gedink, dis net dat ek nooit gehoor het dat iemand anders dit so onomwonde stel nie.

Wil jy ly? Nee, ek ook nie. Nietemin gebeur dit. Party mense ly af en toe, vir ander is dit ‘n chroniese toestand. Psalm 90 waarna ons gedurende hierdie week gekyk het, is vol van Moses se wisselende emosies in sy gebed tot God. Dit herinner my nogal aan my eie gebede, en ek raai aan joune ook?

Psalm 90: 13-15 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.

Moses wil gelukkig wees en die lewe geniet. Is daar iets fout daarmee? Nee. God is immers ‘n God wat ons wil seën. Maar kyk na die bron van daardie blydskap en vreugde.

Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. 

Die Hebreeuse woord wat hier vir liefde gebruik word, is hesed. Dit beteken standvastige liefde. Die soort liefde wat jou nooit in die steek laat nie. Moses wil so na aan God leef, dat hy tot oorlopens toe gevul is met die standvastige liefde van God. Dit is waar jou ware genot vandaan kom. Enigiets minder as dit werk nie.

Hesed. Die onwankelbare liefde van God.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.