... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Sal Jou Nie Laat Afdwaal Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:13-14 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.

Listen to the radio broadcast of

God Sal Jou Nie Laat Afdwaal Nie


Download audio file

Gister het ons gesels oor die werklikheid dat ons soms in ons geloofslewe die spoor kan byster raak en dan nie eers meer seker is of ons nog gered is nie. Vandag het ek goeie nuus.

Ek hou daarvan om goeie nuus te deel. Kyk wat staan hier in: 

Efesiërs 1: 13 en 14 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.

Gister het ons in 1 Korintiërs 15: 1 en 2 gesien dat dit moontlik is dat ons tevergeefs geglo het, toe ons weggedwaal het van Jesus af. Dit is waar, ons kan Hom inderdaad verlaat.

Maar hier vertel God ons dat ons op die oomblik wat ons geglo het, gemerk is met die seël van die Heilige Gees – net soos daardie rooi was, wat hulle smelt om op kontrakte te drup en dan ‘n familieseël of ‘n amptelike seël daarin af te druk as ‘n teken van egtheid. Dit is die beeld wat hier gegee word.

God se belofte is dat wanneer jy in Hom glo, die Heilige Gees in jou woon. Ja, dis God se bewys dat jy gekoop is, dat die skuld afbetaal is, sodat jy kan weet dat Hy ernstig is. Dit is ‘n bewys vir jou dat jy aan Hom behoort.

Maar hier is die goeie nuus van die Heilige Gees. Wanneer ons wegdwaal, roep Hy ons; Hy trek ons in liefde na Hom toe. Want weet jy, God is getrou aan sy belofte, aan hierdie kontrak wat in Christus se bloed verseël is, selfs al is ons nie.

Die oomblik toe jy geglo het, het jy deel geword van die volk van God. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, jou as die eiendom van God beseël as sy eie kind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.