... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gehoorsaam Gesag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3: 23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.

Listen to the radio broadcast of

Gehoorsaam Gesag


Download audio file

Wanneer dinge nie so goed gaan nie, as ons teëspoed het, of  as daar konflik is – sê nou maar met ‘n moeilike baas by die werk – is dit verbasend hoe ons beskouing van dinge kan verander. Ons het pas Sondag daardie pragtige  aanbiddingsliedere in die kerk gesing, maar vandag, wat Maandag is, wil ons ten alle koste wen.

Konflik, hetsy tuis, by die werk, of met jou bure of met wie ook al, het ‘n manier om ons fokus te verander. Ons trots kry die oorhand.

Ek verdien nie om so behandel te word nie. Ek verdien beter as dit!

Dit gebeur dikwels in die werkplek. Ons werk is so alledaags en dit voel asof dit geen verband hou met die geloof in Jesus, wat ons sê ons het nie. Dit is duidelik dat baie mense hul geloof in een boksie hou en hul werk in ‘n ander, asof dit twee heeltemal afsonderlike dinge is. Maar hulle is nie. Kom ons kyk wat staan in:

Kolossense 3:23 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.

Met ander woorde, doen wat jy ook al doen, goed. Doen dit met uitnemendheid. Doen dit op ‘n manier wat die naam van Jesus eer, want enigiets minder as dit, is skynheilig. Dit is inderdaad skynheilig om te bely dat ek enersyds in die Koning van die konings en die Here van die here glo, en andersyds afskeepwerk doen, of erger nog, lui of oneerlik is. En ons weet, die wêreld haat ‘n huigelaar.

Erger nog, ons skynheiligheid bring die naam van Jesus dan in oneer. Is dít regtig wat ons wil doen?

Dit maak nie saak wat jy doen nie; doen jou bes. Omdat jy dit nie vir ‘n aardse meester doen nie. Alles wat jy doen, is vir die Koning van die konings en die Here van die here.

Eer Hom met jou uitnemendheid.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.