... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is Wel met my Siel (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dit is Wel met my Siel (2)


Download audio file

“Sonde” is die grootste dilemma vir die mensdom. Ja, ek weet, sonde is deesdae nie ‘n ‘gewilde’ woord nie. Baie mense sê dat  daar nie so iets bestaan nie, en dat dit slegs ‘n outydse en irrelevante godsdienstige siening is. Maar wat hulle sê, verander niks aan die saak nie.

En dan is daar selfs mense wat die bestaan van die mag van die bose, naamlik Satan, as nog meer verregaande en nog meer irrelevant beskou. Maar, soos die geskiedenis ons al baie dikwels geleer het, beteken die feit dat as die meerderheid mense iets glo, dít, dit nie noodwendig waar maak nie.

Dink aan die sonde in jou lewe. Hoe dikwels het jou mislukkings, jou foute en jou sonde dinge vir jou en vir diegene om jou vernietig? Meer kere as wat jy wil erken, nè? En die ergste van alles, is dat dit lyk asof ons niks aan die saak kan doen nie. 

Nadat hy sy vierjarige seun, al vier sy dogters en al sy besittings in die Groot Chicago-brand in 1871verloor het, het Horatio Spafford die gesang It is well with my Soul geskryf.

Hier is die tweede vers uit die Afrikaanse Hallelujaboek se vertaling daarvan:

Hoe fel die besoeking, hoe Satan ook trag

 om my te vertrap met sy hiel,

 steeds gryp ek weer moed, want my Heiland is daar,

 en Hy stort nuwe krag in my siel.

Jesus het vir ons gesterf juis omdat ons nie ons sonde kan oorwin nie. Kyk wat skryf die apostel Petrus aan vervolgde Christene wat verskriklike beproewinge ly:

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. (NLV)

As jy as gevolg van jou sonde ly en moedeloos voel omdat jy nie self jou probleme kan oplos nie, onthou dat dít juis is waarom Christus vir jou gesterf het. Sy liefde vir jou is so groot dat Hy sy eie bloed vir jou siel gestort het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.