... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Hemel Sal Uitroep!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:2,3 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

Listen to the radio broadcast of

Die Hemel Sal Uitroep!


Download audio file

Een van die groot tragedies van die 21ste eeu, is dat ons neuse so vasgevang is in die verleidelike gloed van slimfoonskerms, dat ons opgehou het om die heerlikheid van God in sy skepping raak te sien.

Ons het so afgestomp geraak dat ons die wonder van die skepping nie meer raaksien nie, dinge nie meer aanraak, ruik, en geniet nie. Een van my gunsteling reuke ervaar ek wanneer ek soggens vroeg tussen die bome stap nadat dit in die nag gereën het. Die reuk skep ‘n onbeskryflike gevoel van varsheid, nuutheid en hoop.

Wanneer laas het jy die sterre gesien? Die wonderlike Melkweg helder en oop, sonder die ligte en die rookmis van die stad? Of ‘n klein, groen wurmpie gesien wat duim vir duim langs ‘n blaar opbeweeg? Daardie selfde wurmpie wat sy kokon sal spin en ‘n ongelooflike mooi skoenlapper sal word om hierdie wêreld vir ‘n kort rukkie te versier?

Dis die dinge wat jy misloop as jy kop-onderstebo sit en kyk na die kranksinnige kommentaar op sosiale media van mense wat jy nie eens ken nie. Luister wat staan in:

Psalm 19: 2,3 Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

Waarom het God hierdie wonderlike skepping oral onder ons neuse en bokant ons gesit? Waarom het Hy ons omring met ‘n ongelooflike pragtige wêreld vol haarfyn besonderhede, magtige berge, brullende see en rustige stiltes, met biljoene der biljoene sterre, ontelbare ligjare ver?

Hy het dit vir ons gegee om Sy heerlikheid aan ons te verkondig op ‘n manier wat ons asem wegslaan. Skakel jou slimfoon af. Kyk rond, want …

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. 

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.