... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As God by jou Voordeur sou opdaag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja7:14 Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

Ek bid vir jou en al die ander wat vandag vir hierdie VARS boodskap by ons aansluit, dat, soos ons Kersfees nader, ons harte gereed sal wees om te ontvang, óóp sal wees om te ontvang en daarna sal smag om te ontvang. Het jy al beplan hoe jy vanjaar Kersfees gaan benader? Daar’s net ‘n paar dae voor die groot dag oor. . .Is dit ‘n malle gejaag, om dinge by die werk klaar te maak, die laaste geskenke te koop en die kos te beplan? Op die ou end is jy op Kersdag stokflou? Is dit die plan? As dit is, en ek wil nie krities wees nie, maar dis die laaste ding waaroor Kersfees behoort te gaan. Want as dit jou plan is, dink ek dit is regtig hartseer, want as jy uitgeput is wanneer Kersfees aanbreek, voel dit alles betekenisloos. Kom ons dink hieroor na. God het ‘n ewigheid aan Kersfees beplan; ‘n absolute ewigheid. Dit was ‘n eenvoudige, maar tog so ‘n unieke plan. Ongeveer sewehonderd jaar voordat dié Plan in die wêreld gebore sou word, het Hy ons ‘n kykie gegee in hoe dit sal gebeur. In Jesaja 7:14 lees ons: Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. Nou-ja, ons weet almal dat Maria ‘n maagd was. Dit beteken dat Jesus die Seun van God is. Maar die leidraad lê in die woord Immanuel. Dit beteken “God is met ons”. Op hierdie wyse sou God, as mens na die wêreld kom. Sy Naam is Jesus. En daarom is die idee dat Kersfees afgesaag is, vir my so ‘n tragedie. Kersfees is God wat op jou voorstoep verskyn. Dit is wat ons vier. Doen jouself asseblief ‘n guns. Maak gereed. Christus kom. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge