... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wysheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Listen to the radio broadcast of

Wysheid


Download audio file

Dit is interessant hoe jou lewe beïnvloed word deur negatiewe ervarings en uitdagings uit die verlede, asook deur die druk waaronder jy vandag lewe. En dit laat jou dikwels verkeerde besluite neem. Maar wanneer jy dan die gevolge daarvan beleef, dink jy nie eers daaraan dat jy miskien verkeerde keuses gemaak het nie!

Ek het ‘n paar goeie vriende wat regters is. Een van hulle is ‘n regter in die gesinshof. Hy hanteer morsige egskeidings- en toesigkwessies. Die ander een is ‘n regter in die kinderhof, en hy verhoor talle sake van tienermisdaad.

Ek kan my nie indink watter moeilike werk hierdie regters moet doen nie. Al te dikwels is die uitsprake wat hulle in hierdie onvolmaakte wêreld waarin ons leef, moet lewer, is hoe om die beste van ‘n slegte saak te maak. Dit verg ongelooflike wysheid. Dis ‘n soort wysheid wat gewone mense soos ek en jy eenvoudig nie het nie.

Maar om die waarheid te sê, het ek en jy ook wysheid nodig – baie wysheid – om ons lewens van dag tot dag te leef en om dié keuses te maak wat tot goeie uitkomste sal lei.

Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Is dit nie wonderlike nuus dat jy vir God kan vra wanneer jy ‘n probleem het met een of ander verhouding, een of ander dilemma, of een of ander skynbaar onoplosbare probleem nie? God is vrygewig. Hy is gereed om jou met wysheid toe te rus, want Hy geniet dit om te help wanneer een van sy kinders vra.

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.