... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Probleme Wonderwerke Word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 2:1-3 Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.”

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Probleme Wonderwerke Word


Download audio file

Die lewe bestaan hoofsaaklik daaruit om dag na dag dieselfde dinge te doen. Soos ‘n wyse mentor van my graag sê, party dae moet jy net op God vertrou en voortwerk. Maar elke nou en dan loop jy jouself teen ’n struikelblok langs die pad vas.

Nouja, wat doen jy as dit gebeur? Ons praat nie van die een of ander groot eksistensiële krisis nie; maar net van die een of ander praktiese ou probleempie; een waarin jy nie eers dink dat God sou belangstel nie. Kyk hoe het Jesus dit hanteer:

Johannes 2:1,2 Op die derde dag was daar ‘n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.”

Wat ‘n verleentheid! Wat ‘n skande as die wyn by ‘n troue opraak! Jy ken seker die storie. Jesus het nie baie geïnteresseerd gelyk nie, maar omdat Hy sy ma gerespekteer het, het Hy gedoen wat sy Hom gevra het. En tot almal se groot verbasing het Hy water in wyn verander. Hy het nie net ‘n bietjie water in ‘n bietjie wyn verander nie, maar so ongeveer 150 liter van die goed!

Daar is baie lesse om daaruit te leer; maar wat tref jou, op ‘n praktiese vlak van hierdie spesifieke wonderwerk? Nouja, ek het gesien dat wonderwerke in die Bybel as ‘n probleem begin, soos hier ook gebeur het. Maar dan tree God op ‘n goddelike wyse met ‘n oplossing, wat die natuurlike verloop van gebeure totaal verander, tussenbeide, om sy krag en heerlikheid te demonstreer.

Volhard in die stryd en woeker voort. Maar wanneer jy ‘n struikelblok teëkom, of ‘n onoplosbare, praktiese probleem, vertel vir Jesus hoe jou wyn opgeraak het … en wees gereed vir sy oplossing!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.