... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Versoeking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:12,13 Dadelik hierna het die Heilige Gees Jesus na die woestyn laat gaan. Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur Satan versoek is. Hy was daar saam met die wilde diere, en engele het Hom versorg. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Versoeking


Download audio file

Het jy opgemerk dat wanneer dinge besig is om jou onder te kry en jou plat te slaan – hetsy dit fisies, emosioneel of geestelik is, voel dit boonop asof daar soveel versoekings uit alle rigtings op jou toesak. Dit is amper asof iemand wat weet jy sukkel, die geleentheid wil gebruik om jou te skop terwyl jy lê.

Versoeking is ietwat van ‘n sensitiewe onderwerp. Ons praat nie graag daaroor nie, want ons is bang oor wat mense gaan dink. Hoekom is dit so? Ongetwyfeld omdat ons verkeerdelik aanneem dat ons die enigstes is wat versoek word.

Maar dit is eenvoudig nie waar nie. Versoeking tref ons almal, veral wanneer ons in die knyp is; veral as jy iemand is wat, met jou hele hart vir God wil eer. Niemand is vrygestel van versoeking nie. Nie eers Jesus nie.

Markus 1:12,13 Dadelik hierna het die Heilige Gees Jesus na die woestyn laat gaan. Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur Satan versoek is. Hy was daar saam met die wilde diere, en engele het Hom versorg. (NLV)

Die fisiese omstandighede waarin Jesus Homself bevind het, was aaklig. Die Gees van God het Hom vir veertig dae en veertig nagte lank sonder kos in die woestyn tussen die wilde diere gelaat. Hy was swak, broos, en in alle opsigte onder baie druk … en dit was die plek wat Satan uitgekies het om Hom te versoek.

Kan jy met so ‘n situasie identifiseer? Het jy al verskriklike druk beleef? Het jy al alleen gevoel? Maar weet jy, net daar, onder daardie moeilike omstandighede, hoewel Jesus ongetwyfeld baie alleen moes gevoel het, was sy Vader by Hom. En toe, net op die regte tyd, het engele gekom en hom gehelp.

Nee, sien jy, jy is nie die enigste een nie? Nee, my maat, jy ís nie alleen nie.

 Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.