... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Reis Vinnig of Reis Ver

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

Listen to the radio broadcast of

Reis Vinnig of Reis Ver


Download audio file

Spanwerk word orals opgehemel. Oral waar jy kyk – in suksesvolle maatskappye, sportspanne, kerke, gesinne… Dit is ‘n wonderlike konsep, maar my maat, daardie mense in my maatskappy/kerk/gesin kan so ‘n pyn in die nek wees!

Die probleem met spanwerk is dat ons almal uit verskillende perspektiewe na sake kyk. En dan, wanneer almal na dieselfde saak kyk en dit op heeltemal verskillende maniere interpreteer…

Toemaar jy weet hoe dit gaan. Jy wil hê almal moet dit op jóú manier sien. Jy wil hê jou oplossing moet die een wees wat gevolg word, want jy weet tog dat jou manier die regte manier is. Dit is dan wanneer jy met die houding van “my wil is wet,” jou posisie wil beskerm. Maar, die konflik ontstaan wanneer die ander partye presies dieselfde houding het.

Ek onthou hoe ek met die hoof uitvoerende beampte, van ‘n groot maatskappy gepraat het. Toe ek sy “bestuurspan” noem, het hy gelag en gesê: “Bestuurspan?! Hulle is net ’n los alliansie van strydende opperhoofde.”

Maar as jy regtig sukses wil bereik, het jy ‘n span nodig, of hoe? Soos die ou gesegde sê: As jy vinnig wil reis, reis alleen; as jy ver wil reis, reis saam! Dis waar!

So, wat doen jy as almal die probleem uit verskillende perspektiewe benader?

Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

Dit is natuurlik om te wil hê dat ons idees en óns oplossings dié moet wees wat deur almal aanvaar word. Maar wanneer ons, in plaas daarvan om koppe te stamp, mekaar se perspektiewe toelaat om ons eie te verbeter en te verfyn, is dit ongelooflik hoe kragtig God deur ‘n span kan werk om die beste uitkoms te bereik. Sy uitkoms.

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.