... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak die Pad vir die Here Gelyk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:4-6 Hierdie boodskapper was Johannes die Doper. Hy het in die woestyn opgetree en gepreek dat die mense hulle moes laat doop as teken dat hulle tot inkeer gekom het en so vergifnis van sonde ontvang het. Skares mense van Jerusalem en van oor die hele Judea het na Johannes toe gekom, en nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop. Johannes se klere was van kameelhaar en hy het ’n leerbelt om sy middel gedra. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Maak die Pad vir die Here Gelyk


Download audio file

Ek het al ervaar, miskien het jy ook, dat God … wel, nogal vreemde dinge doen; dinge wat ons nie verwag nie; dinge wat ons laat wonder … hoekom doen Hy dit?

Neem byvoorbeeld vir Johannes die Doper. Hy was die man wat God voor Jesus uitgestuur het om, soos die Bybel sê, die pad vir die Here voor te berei. Jawel, dit was seker noodsaaklik om die mense vir Jesus se koms voor te berei… Maar hy klink net inderdaad vir my na ‘n baie vreemde ou:

Markus 1:4-6  Hierdie boodskapper was Johannes die Doper. Hy het in die woestyn opgetree en gepreek dat die mense hulle moes laat doop as teken dat hulle tot inkeer gekom het en so vergifnis van sonde ontvang het. Skares mense van Jerusalem en van oor die hele Judea het na Johannes toe gekom, en nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop. Johannes se klere was van kameelhaar en hy het ’n leerbelt om sy middel gedra. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. (NLV)

Kameelhare, sprinkane, heuning … kan jy jou dit voorstel? Ten spyte daarvan, ten spyte van die feit dat hy in die woestyn was (nie in die dorp, of in die tempel, of selfs in ‘n sinagoge nie), het mense na hom gestroom om sy ontstellende boodskap te hoor: kom tot inkeer, sodat julle vergifnis van sonde kan ontvang – oftewel; bekeer julle!

Dit is nie ‘n boodskap wat die meeste mense wil hoor nie. Wees nou eerlik; is dit ‘n boodskap wat jy wil hoor? En tog het hordes mense na hom gestroom. God het, in sy wysheid, geweet dat mense ‘n groot hartsverandering nodig het voordat hulle gereed is om Jesus in hul lewens in te nooi.

My vriend, het jy al daardie hartsverandering gehad? Is jy gereed om die sonde wat so deel van jou is, se kloue van jou lewe los te maak? Ek wil jou vra: In die Naam van Jesus: bekeer jou; met ander woorde, erken jou sonde voor die Here, bely dit as sonde, breek weg daarvan en leef ‘n veranderde lewe in ‘n persoonlike verhouding met ons Here Jesus en jou sondes sal vergewe word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.