... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Luister God Regtig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus1:5-6 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Luister God Regtig?


Download audio file

Het iemand al ooit vir jou raad kom vra, maar terwyl jy besig was om te antwoord, lyk dit asof hy nie na jou raad wil luister nie? Dit laat jou wonder hoekom hierdie persoon in die eerste plek na jou toe gekom het!

Een van my seuns, wat al in sy veertigs is, het onlangs my raad kom vra oor ‘n moeilike kwessie waarmee hy te doen gehad het. As pa, het ek ongelooflik bevoorreg gevoel dat hy my raad kom vra het. En ek was natuurlik dankbaar dat ek ‘n bietjie wysheid met hom kon deel. Dit was so ‘n vreugde!

En weet jy, ek dink nogal dat dit is hoe dit vir God moet wees wanneer ons Hom vir sy wysheid vra.

Jakobus 1:5,6 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. (NLV)

Ons het gister na die eerste gedeelte van Jakobus se brief gekyk. Maar kom ons oorweeg nou hierdie tweede gedeelte. Dink jy dat, toe my seun na my toe gekom het, hy ooit (selfs vir ‘n oomblik) getwyfel het daaraan dat ek hom goeie raad sou gee? Natuurlik nie!

So, hoekom is dit, dat ons aan God twyfel wanneer ons in ‘n moeilike posisie is en as ons bid en vir Hom vra, “Here help my asseblief hiermee. Sê my watter oplossing sien ek nie raak nie? Hoe gaan ek ooit hierdeur kom?” Dan is ons so ongelowig dat ons wonder of Hy selfs daar is, wat nog te sê van na ons luister?

Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.