... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Krag, Liefde, Toevlug

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 59:17,18 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.

Listen to the radio broadcast of

Krag, Liefde, Toevlug


Download audio file

Weet jy hoe jy soms iemand ontmoet en dit lyk vir jou asof hulle geen probleme het nie? Hulle het die perfekte werk, baie geld en ‘n gesin waarvan jy net kan droom.

Ek het onlangs met ‘n man gesels wat ek al ongeveer twintig jaar lank ken. Nogal ‘n lang tyd, nè? Hy is ‘n senior regter in die gesinshof. Hy verhoor hoofsaaklik sake wat egskeidings, huwelike en onderhoud raak. Hy het dus heeldag te doen met sake oor huweliksverbrokkeling, egskeiding, toesigreëlings en finansiële skikkings.

Hy is ‘n eersteklas man; vriendelik en liefdevol en so wys. Ek kan net droom daarvan om soos hy te wees. En tog het hy ook ‘n diep hartseer in sy lewe – sy seun is deur die trauma van ‘n egskeiding.

Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daar nie ‘n perfekte gesin op planeet aarde is nie. Alle gesinne het maar groter of kleiner probleme: verwonde en gebroke verhoudings, een of ander soort konflik, een of ander soort verbrokkeling. Dit behoort nie as ‘n verrassing te kom nie, maar dit vang ‘n mens onkant, nie waar nie?

Het jy al gely? Of ly jy op die oomblik? Hoe dit ook al op die oomblik vir jou lyk, wil ek jou aanmoedig om in daardie situasie vir God toe te laat om diep in jou hart met jou te praat.

Psalm 59:16 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.

Hierdie God, jou God, is ‘n God van krag en van liefde wat elke oggend nuut is. Hy is die veilige plek waarheen jy kan hardloop. My vriend, Hy is jou krag en jou beskerming, want Hy het jou lief.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.