... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Kan God Vertrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 89:2,3 en 15 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens.

Listen to the radio broadcast of

Jy Kan God Vertrou


Download audio file

Wat doen jy as jy jouself in ‘n benarde situasie bevind en heeltemal alleen voel? Sê my! Wat doen jy? Stoei jy alleen daarmee? Of roep jy tot God?

Dis nie net jy wat soms voel asof jy in ‘n diep, donker gat is nie. Daardie gevoel van eensaamheid is baie meer algemeen as wat jy dink. R.C. Sproul was ‘n prominente 20ste eeuse teoloog, pastoor en omroeper. Jy dink waarskynlik nou dat hy dag en nag ‘n direkte lyn na God gehad het…

Hy klink so kundig en so gesaghebbend wanneer jy na een van sy ou uitsendings luister of een van sy vele boeke lees. Hy sou sekerlik nie dieselfde probleem as ek of jy gehad het nie. Hoe dink jy?

Luister wat hy destyds gesê het: “Ek voel nie altyd God se teenwoordigheid nie. Maar sy beloftes hang nie van my gevoelens af nie; hulle berus op sy integriteit.”

Daar gaan tye wees wanneer ons gevoelens ons in die steek laat; wanneer hulle vir ons gaan sê dat God nie in hierdie situasie by ons is nie.

Psalm 89:1,2,14 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens.

God is liefde. Hy is vir ewig en ewig getrou. Hy is die God van waarheid en geregtigheid. Daarom kan jy op Hom staatmaak, selfs wanneer jou gevoelens jou in die steek laat. Daarom kan jy, sonder die minste twyfel, weet dat Hy hier, in hierdie situasie, saam met jou is. Daarom kan jy vir altyd van sy liefde en getrouheid sing.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.