... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Krag Kom van die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jou Krag Kom van die Here


Download audio file

Daar is tye in die lewe wanneer dit, ten spyte van ons beste pogings, met baie energie en toewyding van ons kant af, lyk asof dinge net nie wil uitwerk nie. Daar is geen duidelike oplossing nie. En dit … dit is die oomblik wanneer ons regtig dom dinge doen. Regtig dom!

Nouja, het jy al tevergeefs teen die prikkels geskop? Het jy aanhou skop en ‘n ander resultaat verwag? Of het jy maar net weer nog ‘n keer bedroë daarvan afgekom? So wat doen jy nou?

Wel, sommige van ons is so steeks soos ‘n steeks donkie, ons wil nie hoor of een tree vorentoe gee nie. Dit is ‘n baie dom manier om ‘n moeilike situasie te hanteer, maar ons het almal al so gereageer, nè?

En ander kere het ons besluit om die reg in eie hande te neem. Ons het besluit om sommer bo-oor die mense om ons te loop; die verhouding te verbreek en in ons gedagtes daardie mense na die warmplek toe te stuur! Dit is skrikwekkend om te dink dat ons ooit so sal dink … maar as ons eerlik is, is dit presies wat ons doen. Of miskien sal ‘n bietjie oneerlikheid ook werk? Ek sal sonder om te blik of te bloos ‘n onskuldige ou leuentjie vertel.

Party mense dink dat geld wat geel is, rondmaak wat skeel is! Ja, hulle wil al hulle probleme met geld uit die weg ruim. Mense maak allerhande planne. Die moontlikhede is eindeloos. Ons wil net daardie deurbraak hê! Ons wil ons eie sin hê! Soos ek gesê het, doen ons dan ‘n paar baie dom dinge.

Maar wat is die alternatief? Of ons dit wil glo of nie, daar ís een … en dit is baie beter as wat ons dalk gedink het:

Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.