... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus begin Sy Werk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jesus begin Sy Werk


Download audio file

Om ‘n nuwe projek aan te pak, is altyd ‘n groot uitdaging. Jy gee daardie eerste tree nogal versigtig. Jy wil hê dit moet goed begin. Jy wil nie mense op die eerste dag ontstel nie.

Toe ek destyds, tydens my werk as rekenaarkonsultant met ‘n nuwe kliënt begin werk het, was daardie eerste paar dae altyd vir my moeilik. Waarmee het ek te doen? Wie is die ouens met invloed op wie se tone ek nie wil trap nie?

Maar kom ons dink aan Jesus, die Seun van God, se grootword dae. Hy was aanvanklik redelik afgesonder in ‘n lekker, veilige, klein skrynwerkerswinkeltjie in Nasaret, waar hy seker stoele, deure en kiste gemaak het. Maar toe, op ‘n dag was die tyd ryp vir Hom om met die werk waarvoor sy Vader Hom hierheen gestuur het, te begin.

So hoe het Jesus daardie oorgang van die oue na die nuwe hanteer; van die bekende, tot hierdie nuwe fase wat tot die Kruis sou lei?

Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!” (NLV)

Johannes die Doper is pas in die tronk gegooi – en sou binnekort tereggestel word. Jy sou nou dink dat Jesus versigtig sou wees om aandag om Hom te vestig; maar nee. In plaas daarvan praat Hy met mense oor hulle sonde; Hy daag hul oorgeërfde gedrag uit; Hy sê hulle moet wegdraai van die bose en terugkeer na God toe.

Hy het hulle sonde en ons s’n so ernstig opgeneem dat Hy bereid was om sy lewe vir ons almal neer te lê.

“Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV)

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.