... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

In Groot Aanvraag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

In Groot Aanvraag


Download audio file

Dit is vreeslik maklik om onsself te flous deur te dink dat ons belangriker is, as wat ons eintlik is. Ons mislei onsself deur te dink dat ons dienste ontsettend hoog in aanvraag is. Ons sê so maklik as iemand ons vra hoe dit gaan: Besig, besig, besig. Ons dink dis die manier hoe die lewe veronderstel is om geleef te word.

Natuurlik gaan ons deur stadiums in ons lewe wanneer die tyd wat ons beskikbaar het, nie genoeg is om alles te doen wat afgehandel moet word nie. Enige werkende ouer met kinders sal dit vir jou sê. Iemand wat drie verskillende werke doen net om te oorleef, sal jou dit ook vertel.

Maar dit is veronderstel om tydelike stadiums, waardeur ons reis, te wees, nie permanente toestande waarin ons leef nie.

Maar hoe groot die druk ook al is, wil ek jou vertel dat die ergste ding wat jy moontlik kan doen, is om jouself te oortuig dat jy nie tyd het om te bid nie. En dit is terloops die grootste verskoning vir die gebrekkige gebedslewe van so baie mense.

Dit is moeilik om aan iemand te dink wat meer in aanvraag was as Jesus. Ja, my vriend, Hy het as’t ware popster-status gehad. ‘n Hele stad sou leegloop om iewers in ‘n veld na Hom te gaan luister wanneer Hy in die dorp was. Dis hoe sy lewe van vroeg tot laat gelyk het!

Markus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV)

Ten spyte van daardie besige lewe het Jesus altyd tyd gemaak om te bid. Want dit is waar die krag, die vrede en die wysheid vandaan kom. Maak tyd om te bid!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.