... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

In die Oog van die Storm

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 46:2-4,11 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see al skud die berge deur sy onstuimigheid.… Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

Listen to the radio broadcast of

In die Oog van die Storm


Download audio file

Dinge wat met ons gebeur, kan soms vreesaanjaend wees. Ander kere lyk dit asof probleme ons net terroriseer. Hoe dit ook al sy, wat ons regtig nodig het, is vrede. Sê my, waar vind jy dit?

Wanneer enorme probleme jou oorval, lyk dit asof jy, vir geen geld ter wêreld, vrede kan kry nie. Hoe kan jy innerlike vrede hê wanneer jou finansies verkrummel, jou huwelik verbrokkel, jy ‘n probleem met ‘n hardkoppige kind het of ‘n gesondheidskrisis ondervind?

Wat doen ons nou in so ‘n situasie? Dis reg – ons probeer om dit self uit te sorteer. Ons maal die probleem oor en oor in ons gedagtes rond en dan rol ons boonop heelnag in ons bed rond. Maar sê my, my vriend: hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?

Hier is God se waarheid, sy vrede.

Psalm 46:1-3,10 God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see al skud die berge deur sy onstuimigheid.… Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

Die aarde gee pad, die berge val in die see, die see brul, die grond bewe onder jou voete… Jy kry geen oplossing daarvoor op die internet nie. Nee! Dit help nie om te dink dat ons uit ons omstandighede moet probeer ontsnap nie. Die plek waar ons moet wees, die plek van vrede, is daar, in die oog van die storm, waar die ware Vrede is. Want dit is waar God is.

.… Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.