... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het jy al ooit Gewonder Waarom …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 51:13,14 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Listen to the radio broadcast of

Het jy al ooit Gewonder Waarom …


Download audio file

Het jy al ooit gewonder hoekom dit soms voel asof die vreugde wat jy eens gehad het; die vreugde wat jy glo God wil hê jy moet hê, verdamp het? Poef, weg is dit! Dit is amper asof God jou verlaat het.

Ja my vriend, soms sal God ‘n tree terug gee om vir ons ‘n wildernis-ervaring te laat beleef. Want dís die plek waar ons karakter getoets en verfyn word. Ons is wie ons is, omdat God daardie ervarings in ons lewens toelaat.

Maar ander kere is dit ons rebellie wat ons in daardie posisie geplaas het; omdat ons deur ons gedrag self die probleem geskep het. Ja, Hy is steeds lief vir ons, Hy staan gereed om ons te vergewe, maar die intimiteit van ons gemeenskap met God is verbreek. Dit is dieselfde gevoel wat ‘n mens ervaar wanneer jou slegte gedrag jou verhouding met ‘n ander persoon ontwrig. Dis nie ‘n lekker gevoel om te weet dat jy God hartseer gemaak het nie; en dat die vreugde wat jy eens in gemeenskap met Hom gehad het, verdwyn het dan voel dit asof Hy jou verlaat het.

En dit is presies wat gebeur wanneer ons teen God in opstand kom. Dit is ontwerp om ons tot ons sinne te bring deur die hunkering wat ons het om weer die vreugde van ons verlossing te ervaar.

Dit is waarom koning Dawid van Israel, nadat hy egbreuk en moord gepleeg het (dit word nie veel erger as dit nie!) hierdie gebed gebid het:

Psalm 51:13,14 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Doen jouself ‘n guns: kom gou tot jou sinne en laat God toe om jou te vul met sy Teenwoordigheid, sy Gees. En wanneer jy weet jy was in opstand; wanneer jy weet jy was verkeerd en dat jy gesondig het, bely dit en laat Hom toe om die vreugde van jou redding te herstel.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.