... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Offer wat vir God Aanvaarbaar is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Offer wat vir God Aanvaarbaar is


Download audio file

Wat dink jy wanneer jy ‘n man met ‘n bos blomme in die straat sien afloop? Wonder jy hoekom hy dit gekoop het? Is dit ‘n spontane daad van liefde, ‘n spesiale geleentheid … of is dit ‘n skuldige gewete?

Kom ons kyk na hierdie scenario: ‘n man en vrou stry. Hy besef dat hy haar sleg behandel het en daarom koop hy na werk vir haar ‘n bos blomme om op te maak daarvoor. Hoeveel keer het dit al gebeur? Dit is waarskynlik jaarliks miljarde Rande vir die blommeverkopers werd.

Dit is ‘n vreemde ritueel as jy daaraan dink, maar dit spruit voort uit die God-geïnspireerde idee dat ‘n offer vereis word om ‘n verkeerde daad reg te stel. Dit is ‘n klein prysie in vergelyking met die offer wat Jesus namens ons vir ons sonde betaal het. Ja, Hy moes sy lewe gee om my en jou sonde uit te kanselleer en ons met God te versoen.

Maar wat wil God as ‘n teken van berou hê? Watter offer kan jy vir Hom bring wanneer jy vir God oneer aangedoen het en vir die soveelste keer na Hom toe teruggaan om vergifnis te vra (soos koning Dawid gedoen het nadat hy egbreuk en moord gepleeg het)?

Dawid het die antwoord geken toe hy gebid het om God se vergifnis en om hul verhouding te herstel.

Psalm 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God. (NLV)

Nee, God wil nie die spreekwoordelike bos blomme -‘n ekstra vuis vol kontant in die kollektebordjie hê nie. Hy wil nie hê dat jy ‘n monnik word nie. Dit gaan baie dieper as dit.

Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.