... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dividende van Dissipline

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.

Listen to the radio broadcast of

Die Dividende van Dissipline


Download audio file

Ek het nog nooit iemand ontmoet wat dit geniet om gedissiplineer te word nie, of wat daarvan hou as iemand anders hulle oor hulle optrede berispe nie. Wat van jou?

Baie mense is selfgedissiplineerd en ek is een van hulle. Ons het op een of ander manier hierdie gawe om in sekere areas van ons lewe vaste roetines te hê. Ek is byvoorbeeld goed daarmee om elke oggend baie vroeg op te staan. Na my stiltetyd berei ek dan boodskappe soos hierdie voor.

Maar niemand is perfek nie. Ek het ook swakhede net soos jy. Soms moet my vrou haar stem dik maak en my tot verantwoording roep. Ander kere sal die bestuursraad by Christianityworks van my verskil. Jy weet sekerlik waarvan ek praat? Mense mag jou aanspreek en jou in ‘n sekere sin dissiplineer.

Dan … dan is daar God!

Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel ‘n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.

Nee, ons geniet dit nie om gedissiplineer te word nie – hetsy dit menslik of Goddelik is. Maar die dividend van dissipline is so groot, dat die ongemak absoluut die moeite werd is.

Die Amerikaanse entrepreneur Jim Rohn het eenkeer gesê: Ons moet almal kies tussen die pyn van dissipline of die pyn van spyt. Ja, dit is pynlik. Maar later, nadat ons ons les daaruit geleer het, sal ons die vrede wat daaruit voortspruit, geniet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.