... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Boodskap van die Begin Af

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:11-13 Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s'n reg. Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Boodskap van die Begin Af


Download audio file

‘Liefde’ is so ‘n eenvoudige woord. En as jy dink hoe dit voel om liefgehê te word – deur jou geliefdes en deur God – is dit so ‘n wonderlike ding. Dit oortref alles. Nou hoekom is dit dan dat ons so dikwels ‘n gemors daarvan maak?

Ongelukkig is daar vandag baie mense in die wêreld wat glad nie geliefd voel nie; mense wat miskien eens op ‘n tyd liefde geken het, maar toe verwerp is. Ek was jare gelede in daardie aaklige situasie. Ek weet hoe ellendig en uitdagend dit voel. Ek wil aan enigiemand wat op hierdie oomblik só voel, vertel dat God se hart bedroef is oor jou situasie.

Maar dit gaan nie net oor die tekort aan liefde waarvan ons praat nie; maar ons weet haat is die teenoorgestelde van liefde:

1 Johannes 3:11-13 Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s’n reg. Broers, moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.

Maar Augustinus het, teen die agtergrond van al die haat in die wêreld, gesê dat aangesien liefde in jou kan groei en meer word, jou innerlike skoonheid ook kan toeneem, want liefde is die skoonheid van jou siel.

My vriend, te midde van al die haat, die verdeeldheid, en die liefdeloosheid in die lewens van so baie mense, kan ek en jy diegene wees deur wie die opregte liefde van God vloei. Soms is ons die enigstes. Wie wil God vandag oor jou pad stuur om lief te hê? Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het. Ons moet mekaar liefhê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.